Charlie Sheen gaan R1,5 biljoen betaal word as Anger Management 100 episodes haal – en dis nou halfpad.

Die skinderwebtuiste TMZ het verduidelik die program, wat onlangs sy 50ste episode verfilm het, kan aan TV-stasies wêreldwyd verkoop word sodra dit die 100-episode-mylpaal bereik.

Sindikasie laat die geld vir TV-programme inrol, en die moontlike ooreenkomste kan Charlie (47) minstens R1,5 biljoen in die sak bring.

Een ster wat nie daar sal wees om die mylpaal te vier nie is Selma Blair (41), wat onlangs ná ’n “vuurwarm bakleiery” met Charlie uit die program geskop is nadat hy gerugte gehoor het dat sy by die vervaardigers oor sy werketiek gekla het.

Ná haar afdanking het die aktrise vertel hoe dankbaar sy is vir die “ondersteuning” van haar bewonderaars. Sy het gesê: “Ek bedank julle vir ondersteuning en liefde.”

Die Broadway-aktrise Laura Bell Bundy (32) van is as haar plaasvervanger aangestel en begin in die derde seisoen werk.