Charlie Sheen beweer daar is ander Hollywood-sterre wat hul MIV-positiewe diagnose ’n geheim hou.

Die 51-jarige akteur het in November 2015 sy diagnose bekendgemaak nadat verskeie van sy ekse hom afgepers het in ruil daarvoor om sy diagnose ’n geheim te hou.

Charlie het Woensdag in ’n onderhoud op The Kyle & Jackie O Show gesê daar is ander Hollywood-sterre en -aktrises wat aan die siekte ly, maar het bygevoeg hy sal nooit hul “geheim verklap” nie. Toe die aanbieder Jackie 'O' Henderson hom vra: “Dink jy daar’s nog mense in Hollywood met MIV wat dit nie sou waag om dit soos jy bekend te maak nie?” het Charlie geantwoord: Sy skok-verklaring was net een van die skokkende onthullings wat Charlie tydens die onderhoud gemaak het – hy’t ook verklaar dat hy een keer ’n naakte skootdans deur Lady Gaga aangebied is. Volgens die gewese ster van Two and a Half Men het hy ’n oproep van Lady Gaga se mense gekry om te vra of hy in die sangeres se gewaagde video sal verskyn.

“Ek het ’n oproep van een of ander lummel gekry wat sê: ‘Luister, Lady Gaga doen haar eerste gewaagde video op MTV. Sy gaan ’n ontkleedanseres in ’n kroeg wees en al persoon vir wie sy ’n skootdans gee, gaan Charlie Sheen wees’.”

Lady Gaga het toe die konsep telefonies met Charlie bespreek en hy sê sy’t gesê “Britney (Spears), Lindsay (Lohan) en Lady Gaga sou in die video deur die verkeer jaag om by die ontkleeklub uit te kom. Hulle is die dansers!” Charlie het bygevoeg: “Gaga het gesê: ‘Ek gaan heeltemal kaal wees. Is jy gereed daarvoor?’ En ek’t geantwoord ek is gereed gebore!” Hoewel hy en sy ’n lang gesprek oor die video en verskeie onderwerpe gehad het, het die video nooit voortgegaan nie. Charlie het ook met Kylie en Jackie gepraat oor ’n rowwe aand wat hy saam met Lindsay gehad het nadat sy ’n kameerol op sy komediereeks Anger Management in 2013 vertolk het.

© Cover Media