20th Century Fox en Blue Sky Studios sê Peanuts sal op 6 November 2015 in teaters begin draai. Dit is die eerste vollengte-rekenaaranimasierolprent gegrond op Charles Schulz se tekenstorie wat van 1950 tot 2000 verskyn het.

Charlie Brown en Snoopy het ’n moderner voorkoms in die lokprent, wat Dinsdag vrygestel is. Daarin haal die geliefde tweetal hul ou streke uit terwyl Snoopy die kollig probeer steel en Charlie Brown sy bekende sêding, “Good grief”, mompel.

Die lokprent onthul nie of die res van die Peanuts-span ook in die rolprent gaan verskyn nie. Maar die strokie se geliefde broer en suster, die oulike Linus en parmantige Lucy, sal waarskynlik ook in 3-D op die silwerdoek wees.

Bron : Sapa