Die 22-jarige sanger het met die tydskrif Nylon gesels oor hoe dit was om saam met Ed Sheeran te werk aan die klankbaan van The Fault of our Stars en saam met Iggy Zalea vir Fancy.

Oor werk saam met Ed: “Ek het ’n geleentheid vir die fliek saam met Ed in Los Angeles bygewoon. Daar was skreeuende, huilende kinders. Die boek was baie belangrik vir baie mense en dit was lekker om by so iets betrokke te wees.”

Oor werk saam met Iggy: “Iggy is een van die koelste, hardwerkendste kunstenaars wat ek al ontmoet het. Sy sit alles in en ek bewonder dit. Sy is ook skreeusnaaks.”

Bron: Nylon.com