Huisgenoot-joernalis Alet van Zyl gesels met familie, vriende en mense uit Charlene Wittstock se se verlede in die nuutste uitgawe van die tydskrif.

Selfs al is Charlene deesdae die prentjie van elegansie en statigheid, was sy voorheen ‘n bietjie lomp en ‘n regte rabbedoe.

George Manolios, Charlene se oud-skoolhoof, vertel van die keer wat sy ‘n Bybel op die grond laat val het tydens saalopening by haar skool.

Daardie dag sou niemand in die saal van die laerskool Tom Newby in Benoni kon dink dié ietwat lomp tiener met die poniestert sal eendag nog ’n statige prinses in Monaco word nie.

Ons gesels ook met Charlene se medeswemmer Mandy loots en dink terug aan die keer wat hulle saam met Penny Heyns en Sarah Poewe ‘n advertensie moes skiet vir die 2000 Olimpiese Spele.

Lees meer in die Huisgenoot van 7 Julie 2011. 

Volg Huisgenoot op Twitter.