Dit kon net sowel ’n basaar in Benoni gewees het. ’n Ghrênd basaar, maar nogtans.

Daar was boereworsrolletjies, kerrievis en melktert op die tafels, kinders het tussen die deftige grootmense se bene rondgehardloop en gejil, en oral het Suid-Afrikaanse vlae gewapper. Maar nee, dit was nie Benoni nie en beslis ook nie die plaaslike kerkbasaar nie – ons was in Monaco vir die koninklike bruilof!

En ons trots Suid-Afrikaanse Charlene, wat in Benoni grootgeword het, het so baie Afrikaanse en Suid-Afrikaanse elemente laat inbring dat die spoggerige affêre al ons landgenote sommer tuis laat voel het.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot (14 Julie) vertel ons eie Alet van Zyl van haar ervaringe in Monaco, die atmosfeer tydens die troue en die ander lekker gebeure wat ons nooit op die kassie gesien het nie.

Hierdie uitgawe is ook propvol nuus oor die koninklike troue, foto’s van al die gaste, die troukoek, die blomme en sommer vele meer.

Lees meer in die Huisgenoot van 14 Julie.

Volg Huisgenoot op Twitter.