Oor net ’n paar weke word ons ander blonde meisie van Benoni lid van een van die kleurrykste koninklike families in Europa.

En wanneer Charlene Wittstock met prins Albert trou, kry sy boonop twee skoonsusters  wat die wêreld al dekades lank met hul skandale en tragedies boei.

Maar daar is geen teken van skoonfamilietwis nie.

Caroline, prinses van Hannover,en haar jonger suster, prinses Stéphanie, gravin van Polignac, kan glo nie wag om Charlene in die gesin te verwelkom nie.

“Charlene het ’n baie goeie verhouding met my en my suster,” het Stéphanie onlangs gesê. “Ons kon nie ’n beter skoonsuster gevra het nie.”

Baie rus nou op die skouers van die voormalige kampioenswemmer, skouertjies wat ál beneriger lyk namate die troudag op 2 Julie nader kom.

Lees meer in die Huisgenoot van 9 Junie. 

Volg Huisgenoot op Twitter.