Op 22 November1963 is JFK, soos hy algemeen bekendgestaan het, tydens 'n sluipmoord in Dallas, Texas doodgeskiet. Hy het in sy vrou Jacqueline se arms gesterf. Met JFK en die elegante Jackie, soos sy genoem is, het 'n charismatiese era in die Wit Huis gesterf. Terwyl Harvey Lee Oswald in hegtenis geneem is vir die sluipmoord-aanval op die president het 'n kommissie later bepaal hy was alleen verantwoordelik vir die president se dood. Maar vandag, op die 50ste herdenking van JFK se dood, vlam samesweringsteorieë oor wie agter die president se dood sit en waarom hy vermoor is opnuut weer op. Die vyf gewildste teorieë vir JFK se sluipmoord

Visepres. Lyndon B. Johnson het die sluipmoord gereël. Hy en JFK het glo nie om dieselfde vuur gesit nie en hy was jaloers op JFK. Johnson wou president word voor hy te oud word en hy was verantwoordelik vir die roete wat Kennedy gery het. Die beplande roete wat deur die geheime diens goedgekeur is, is op die nipper verander.

Die Amerikaanse intelligensiediens (CIA): Daar was glo groot ontevredenheid in die CIA oor veranderings en skuiwe wat Kennedy in sy kort termyn gemaak het. Die CIA was ook omgekrap oor die rampspoedige Bay of Pigs-inval in Kuba. Die Mafia: Kennedy het in sy termyn oorlog verklaar teen georganiseerde misdaad. Anti-Castro-groepe: Hulle was, nes die CIA, omgekrap oor die mislukte Bay of Pigs-inval. Daar is ook mense wat glo die Sowjetunie was verantwoordelik vir die sluipmoord. Die meeste samesweringsteorieë spruit uit die teenstrydige bevindings van twee ondersoeke deur die Amerikaanse regering. Die eerste ondersoek kort ná Kennedy se dood het bevind Oswald het alleen opgetree terwyl die tweede ondersoek bevind het daar was twee skieters. Hy was ook bekend, en omstrede, vir:

Sy woorde: "Ask not what your country can do for you--ask what you can do for your country," gedurende sy inhuldigingstoespraak

Sy affairs: Hy was met een van die elegantste vroue getroud, maar dit het JFK nie gekeer om Jackie te verkul nie. Sy bekendste affair was met die Hollywood-ster Marilyn Monroe wat ook op omstrede wyse vir hom 'Happy Birthday, Mister President' gesing het.

'n Laaste groet van sy seun: Die ikoniese foto van die driejarige John F Kennedy Junior wat as laaste huldeblyk sy pa se kis gesalueer het - nes hy die soldate dit sien doen het.

BRONNE: AP, The Arizona Republic, Beeld