Die oomblik van chaos is op kringtelevisie vasgevang.

Die Rakyat Post berig dat 'n groep mense by 'n winkelsentrum, vermoedelik in die Klang-vallei van Kuala Lumpur, agteroor geslinger is toe daar skielik fout kom met die roltrap.

Op die filmmateriaal word gewys hoe ongeveer 20 mense – onder wie 'n vrou met 'n kleuter, bo-op mekaar agteroor tuimel.

Toe die eerste mense het begin val, kon hulle nie betyds nie uit die pad kom van die volgende mensemassa en inkopiesakke wat bo-op hulle beland het nie.

Bronne: 9News.com.au, themirror.co.uk