Die akteur speel Mike in die opvolg in 2015, drie jaar nadat die eerste fliek verskyn het. Channing, saam met sy medesterre Joe Manganiello, Matt Bomer en Adam Rodriguez, skiet tans aan die flieks en maak aanhangers rasend opgewonde met foto’s van die stel wat hulle op sosiale media deel.
'Dit is ’n fliek oor ’n padvakansie.'

“Dit is ’n fliek oor ’n padvakansie. Ons verwys daarna as ’n swerftog. Dit is soos die Ilias. Dit is ’n ontkleedanser-swerftog,” het Channing grappenderwys aan Entertainment Tonight gesê.

Terwyl die 34-jarige die hoofdanser speel, is Joe van True Blood-faam net so gesog. Channing is self ’n groot aanhanger van die ster se dansvernuf.

“Dit is onwerklik wanneer hy dans. My mond hang elke keer oop. Sy vertolking gaan mense verstom,” het hy gespog. Joe het ook sy meisie, Sofía Vergara, privaat vertonings gegee. “Sy het al die danspassies gesien; dis al wat ek kan sê,” het Joe glimlaggend gesê.

'’n Mens kan so in lekker moeilikheid beland.'

“Dit is ses mans in ’n koswa wat langs die kus afry. ’n Mens kan so in lekker moeilikheid beland,” het hy bygevoeg.

Maar dit was nie net pret en plesier nie; die hoofakteurs moes hard werk vir die lywe waarmee hulle in die fliek spog.

“Ons was op ’n ongelooflik streng dieet. En dis nie om op die verhoog sexy te lyk nie; dis net om nie gewig aan te sit nie. Ons het mekaar aangemoedig en gesê: ‘Nog net een week, dan kan ons weer koolhidrate eet,’” het Channing onthul.

“Daar is niemand wat vir ons instaan nie; dit is alles ons.”

© Cover Media