Channing Tatum gaan ’n werklikheidstelevisieprogram vervaardig wat op burlesk-kunstenaars fokus.

Die aantreklik Magic Mike-akteur (33) sal die kameras laat rol in Saints and Sinners, die burlesk-klub wat hy en Keith Kurtz verlede jaar in New Orleans, Louisiana, geopen het.

Die Amerikaanse kabelkanaal A&E het ’n loodsepisode gekoop van die reeks, wat Channing-hulle saam met Original Media deur sy onderneming 33&Out Productions sal vervaardig.

Vroeër vanjaar het die akteur die eerste keer die wêreld van televisievervaardiging betree toe hy steun verleen het aan ’n nuwe sitkom met sy goeie vriend Nick Zano (35) in die hoofrol. Dié het al rolle in trefferreekse soos 90210 en 2 Broke Girls gehad.

Dit was ’n bedrywige jaar vir Channing, wie se vrou, Jenna Dewan-Tatum, in Junie die lewe geskenk het aan hul eersteling, ’n dogter genaamd Everly.

Jenna (32) het onlangs gesê Channing is ’n baie betrokke pa en help kyk na Everly op die stel van haar nuwe TV-drama, Witches of East End.

Sy het gesê: “Hy is in die woonwa, hy sus haar aan die slaap, ek draf heen en weer om te borsvoed. Hy is wonderlik. Hy is so gereeld moontlik hier. Hy sê: ‘Ek sal heeldag hier kan sit en stelman speel. Dis hope pret!’ ”