’n Paneel sjefs van die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging het al meer as 44 000 stukke Checkers Championship Boerewors geproe en beoordeel elke jaar vandat die kompetisie 22 jaar gelede begin het. Jenny Morris skep ’n smaaklike variasie op ’n ou gunsteling waarvan die hele gesin sal hou. Dit kan saam met ’n vars slaai voorgesit word as ’n ligte middagmaal of die volmaakte someraandete. Laat die kinders inspring en met die bereiding help.

Championship Boerewors Chinese rolletjies 

(Genoeg vir 12 mense)

Bestanddele: 

  • • 12 stukke gaar dik of dun Championship Boerewors (sowat 8 cm lank, net by Checkers)
  • • 12 Chinese rolletjie-omhulsels
  • • 4 middelslag uie, geskil en in ringe gesny
  • • 2 e olyfolie
  • • 1 e vars koljander, gekap
  • • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • • 3 e soetbrandrissiesous
  • • fetakaas, gekrummel
  • • 1 eier, effens geklits vir verf
  • • sout en peper na smaak
  • • olie vir diepbraai

Verhit die olyfolie en voeg die uie by. Kook dit stadig af tot dit goudkleurig en soet is. Laat dit afkoel, plaas dit dan in ’n bak en roer die koljander, knoffel, soetbrandrissiesous en fetakaas in. Lê jou Chinese rolletjie-omhulsels op ’n plat oppervlak neer sodat jy ’n diamantvorm het met die een punt wat na jou toe wys. Verf elkeen met die eier. Plaas die gaar boerewors en die uie op die hoek naaste aan jou en vou dit oor. Herhaal tot jy genoeg Chinese rolletjies het. Voorverhit die olie tot 180 °C en braai die Chinese rolletjies tot bros en goudkleurig. Sit voor saam met soetbrandrissiesous.

- Resep deur Jenny Morris