Sy hele sak met al sy bagasie is weg”, sê sy pa, Bert. 

Hy vertel dat Chad Sondagaand aan die 200 m-vlinderslag se eindronde in die Mare Nostrum-swemreeks in Frankryk deelneem, maar dat sy bagasie klaarblyklik nooit in Frankryk gearriveer het nie. 

Chad het hom in desperaatheid Saterdagaand na Twitter gewend om sy verlore bagasie te probeer opspoor toe hy aan die Turkse lugredery, Turkish Airways, getwiet het.

Bert sê Chad is wel baie gelukkig dat Cseh László, die Hongaarse deelnemer, vir hom ’n T-hemp en ander swemtoerusting geleen het. Die twee het dieselfde borg, naamlik Arena.  

Gevra of hy dink die feit dat Chad met ’n ander swemmer se swemtoerusting moet deelneem sy vertoning sal belemmer, het hy geantwoord: “Nee wat, hy is ’n Le Clos. Hy is ’n man wat twee keer moes toekyk hoe sy ma deur kanker worstel. Hierdie is niks vir hom nie. Hy gaan piekfyn wees.”

Chad het ook op sy Instagram profiel ’n spesiale vadersdagboodskap gedeel en veral melding gemaak van sy eie “ongelooflike pa”. 

Happy fathers day everyone @discovery_sa lots of love to the big man #unbelievable Bert Le Clos #teamvitality

A post shared by Chad Le Clos (@chadleclos92) on

Chad in ’n onderhoud vroeër vanjaar: