A photo posted by Chad Le Clos (@chadleclos92) on

Die 24-jarige het ’n nuwe wentyd van 48.08 sekondes opgestel tydens die kortbad-Wêreldkampioenskappe; ’n verbetering op sy eie rekordtyd van 48.44 wat hy in 2014 tydens dieselfde geleentheid in Doha, Katar, opgestel het.

Chad, oorspronklik van Durban, woon deesdae in die Kaap.

Vrydag se oorwinning kom na ’n moelike jaar vir Chad wat by vanjaar se Olimpiese Spele in Rio de Janeiro nie daarin kon slaag om ’n goue medalje in sy uitblink item, die 200m-vryslag, te wen nie.

Ook in die 100m-vlinderslag het Chad die silwermedalje verower met ’n tyd van 51.14 sekondes.

Tydens Vrydagoggend se geleentheid het die Amerikaner Tom Shields tweede gekom in ’n tyd byna ’n sekonde langer as Chad s'n. Hy het die silwermedalje met ’n tyd van 49.04 sekondes gewen.

Chad neem later ook deel vaan die 50m-vlinderslag.

Bronne: Netwerk24; Sport24