“Die Rio-spele is net ’n paar weke weg, maar ek kan bevestig dat albei my ouers teen kanker baklei,” het die 24-jarige in ’n persverklaring gesê. Chad is besig om voor te berei vir die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro en erken die laaste paar maande “was nie die makliste tyd nie”. Hy vertel sy ma, Geraldine, se borskanker het teruggekeer ná dit in 2010 in remissie gegaan het. Sy het onlangs ’n dubbele mastektomie ondergaan en ontvang ook chemoterapie.

A photo posted by Chad Le Clos (@chadleclos92) on
Daarteenoor het sy pa, Bert, onlangs prostaatkanker gekry en is hy verlede maand geopereer. Bert het meer as 30 kilogram in die laaste ses maande verloor.

A photo posted by Chad Le Clos (@chadleclos92) on

“Meer as enigiets anders wil ek hê hulle moet die stryd (teen kanker) oorwin. Ek hoop ook dat hulle in Rio sal wees,” het Chad gesê.

Die Durbaniet vertel dit is veral moeilik om te sien hoe sy ma weer deur die pyn en lyding van kankerbehandeling gaan na sy dit voorheen oorwin het.

“My ouers weet hoe belangrik dit vir my was om te kwalifiseer (vir die Olimpiese Spele), so hulle het my ma se siekte eers vir my stilgehou tot na die uitdunne,” het hy verklap.

Die swemheld het gevra dat die media sy privaatheid in dié moeilike tyd sal respekteer.

Bronne: BBC; Instagram