Die goue seun van Suid-Afrikaanse swem, Chad le Clos, het vandeesweek gewys hy is nie net enige sportster nie; hy het boonop ’n goeie hart.

Die Olimpiese swemmer wil hê die skoolseun van Durban wat per abuis as KwaZulu-Natal se sportman van die jaar aangewys is, moet die prys behou.

Chad se pa, Bert, het vandeesweek namens hom gesê: “Laat hom die titel en die prysgeld hou.”

’n Tegniese fout tydens die KZN-sportpryse verlede week het veroorsaak dat Reneshan Naidoo, ’n pluimbalspeler van die Hoërskool Durban, per abuis die prys ontvang, berig iOL.

Chad het by die geleentheid die prys ontvang as KZN se sportster van die jaar. Hy het die geleentheid saam met sy pa bygewoon en ’n foto op Twitter van hulle gedeel.

[caption id="attachment_55432" align="aligncenter" width="600"]Chad het die foto van hom en sy pa, Bert, op Twitter gedeel met die onderskrif: "Ek en paps op pad na die KZN-toekennings." Chad het die foto van hom en sy pa, Bert, op Twitter gedeel met die onderskrif: "Ek en paps op pad na die KZN-toekennings."[/caption]