Dit is eintlik g’n wonder die swemwêreld se nuwe goue seun, Chad le Clos, is soos ’n vis in die water nie. Sy wortels lê immers op die idilliese eiland Mauritius.  Die see is diepblou; die strande wit en lank. Dis mos ’n paradys vir ’n Olimpiese held. Aan die ontbyttafel in Sun Resorts se Long Beach-hotel is die 20-jarige Chad nog vas aan die slaap. Hy kuier hier saam met sy ma, Geraldine (48), en pa, Bert (55). (Lees meer in die nuutste uitgawe) WEN!

Een gelukkige leser en 'n metgesel kan 'n droomvakansie wen.

Die Long Beach-vyfsterhotel is aan die ooskus van Mauritius geleë op die langste en breedste strand op die eiland. Die hotel is ontwerp rondom ’n piazza met restaurante, winkels en kroeë.

Dit word bestuur deur Sun Resorts, wat ook die hotelle Sugar Beach, La Pirogue, Ambre en Le Touessrok op Mauritius besit en bestuur.

World Leisure Holidays, wat ’n verskeidenheid pasgemaakte reispakette bied na dié en ander oorde op Mauritius, Air Mauritius en die toerismebevorderingsowerheid van Mauritius borg ’n reis vir een leser en ’n metgesel na die Long Beach-hotel.

As jy ’n kans wil hê om te wen, SMS die woord CHAD, jou antwoord, naam en adres voor 1 Oktober om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R1,50.

Vraag: In watter land is Chad se pa, Bert, gebore?

Bepalings en voorwaardes: Die wenner sal lukraak getrek word en die aanwys van die wenner is finaal. Wenner moet bereid wees om sy/haar naam en foto te publiseer indien versoek. Die borg sal die wenner kontak. Die prys is nie oordraagbaar nie en mag nie vir kontant geruil word nie. Personeel en hul onmiddellike familie van Media24 en die borg mag nie deelneem nie. Jy moet die geregistreerde eienaar van die selfoon wees wat gebruik word vir deelname aan die kompetisie. Indien nie, moet jy die eienaar se toestemming daartoe hê. Elke SMS kos R1,50. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat uit deelname aan die kompetisie mag voortspruit nie. Die borge sal die wenners kontak. Die wenners moet oor die nodige reisdokumente beskik.