Nadat sy vyf jaar lank in Las Vegas opgetree het, val Celine Dion weer in die pad.

Haar stem is selfs beter en sterker as tevore, as dit moontlik is, en aanhangers sal dit gate uit geniet om te hoor – en te kyk - hoe hul gunsteling-sanger met hul gunsteling-liedjies lostrek.

Spits jou ore vir The Power Of Love, ’n keurspel van It’s All Coming Back To Me Now, Because You Loved Me en To Love You More en die megatreffer My Heart Will Go On.

Celine Dion - Taking Chances World Tour: The Concert CD & DVD

Ons dink: 4/5