Die sangeres het die moeilike besluit geneem om haar toer in Asië te kanselleer en die res van haar professionele verpligtinge uit te stel om haar 72-jarige man tydens sy stryd met kanker te ondersteun.

Maar Robin het gesê hy was nie verbaas om dit te hoor nie, want Céline se gesin was nog altyd haar prioriteit.

“Hulle is mekaar se lewe,” het Robin aan People gesê. “Hy en haar gesin kom eerste en sy het dit altyd duidelik gemaak.”

Céline en René woon in Las Vegas met hul kinders, René Charles (13) en die driejarige tweeling Eddy en Nelson.

En met René se diagnose en ’n gewasverwydering in Desember het Céline ’n ruskans van haar loopbaan ernstig oorweeg om na haar man om te sien.

“Die laaste keer dat ek hom gesien het, was hy baie maer en broos,” het Robin bygevoeg. “Céline moes mooi dink, en haar besluit weerspieël die besef dat jy die mense om jou moet waardeer terwyl hulle nog hier is.”

Maar Céline glo ook ’n positiewe instelling is belangrik vir René se herstel.

“Hulle probeer positief bly,” het ’n bron gesê. “Hulle is optimisties.”

Céline het vertonings in Asië gekanselleer wat op 11 November in Nagoya, Japan, moes begin. Sy was veronderstel om Vrydag in Las Vegas te begin optree, maar het dit ook uitgestel.

“Ek wil al my krag en energie wy aan my man se herstel, en om dit te doen, is dit belangrik dat ek hierdie tyd een hom en ons kinders wy,” het sy in ’n verklaring gesê. “Ek wil ook aan al my aanhangers verskoning vra vir die ongerief. Ek wil hulle ook innig bedank vir hul liefde en ondersteuning,” het sy in ’n verklaring gesê.

René het in 1999 ook behandeling vir kanker ontvang.

© Cover Media