Céline Dion se man, René Angélil, wil in haar arms sterf.

Die paartjie is reeds langer as 20 jaar getroud en hulle het drie seuns, Nelson, Eddy en René-Charles.

René veg tans teen keelkanker. Dit het daartoe gelei dat Céline verlof geneem het by die werk. Sy sal vanaf 27 Augustus terug wees by haar huis by Caesars Palace, Las Vegas, en onthul nou sommige van die probleme waarmee sy en René te kampe het.

"(Hy het soms) iets meer sensitiefs as dit nodig, iets meer as net positiwiteit. Hy wil soms hê ek moet saam met hom na 'n ander plek toe gaan.

"Ek sal byvoorbeeld sê, 'Is jy bang? Ek verstaan. Praat met my daaroor.' En René sal vir my sê, 'Ek wil in jou arms sterf.' Oukei, reg so, ek sal daar wees, jy sal in my arms sterf," het sy aan USA Today gesê.

Alhoewel sy buite haarself was van vreugde om terug te wees in Las Vegas, het die 47-jarige Céline erken dat dit nie langer haar eerste prioriteit is nie. Dit was egter René, 73, wat aangedring het dat sy haar gewone werk hervat nadat sy verlof geneem het om hom te versorg.

"Ek wou eers nie hier wees nie, ek het dit nie nodig nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is gek oor sing voor mense, maar ek het prioriteite," het sy gesug.

"Maar René het my regtig 'n geskenk gegee. Die afgelope jaar was net 'n getreur. Ek dink ek verstaan dit. Vir die oomblik. As dit my tref, gaan dit my tref. Maar my grootste taak is om aan my man te sê alles is in orde. Ek sal vir ons kinders sorg. Jy sal ons van 'n ander plek af dophou."

Die feit dat hulle nie weet hoeveel tyd hulle oorhet nie, maak die situasie baie erger vir die egpaar. Elke keer as hulle die dokters daarna vra, is die antwoord dieselfde.

"Ons het (die dokters) telkemale gevra hoe lank hy nog gaan lewe: drie weke of drie maande? René wil weet. Maar hulle sê hulle weet nie," het Céline verduidelik.

© Cover Media