Die sangeres Céline Dion oorweeg dit om haar eerste stukkie lyfkuns aan te skaf ter ere van haar oorlede man, René Angélil.

Céline (48) was ontroosbaar toe haar man van die afgelope 21 jaar in Januarie vanjaar in die ouderdom van 73 jaar aan kanker oorlede is.

Sy het egter in ’n snelvuur vraag-en-antwoordprogram met Vogue.com onthul sy oorweeg dit om ’n permanente herinnering aan haar man en bestuurder in ink op haar lyf te laat aanbring.

“Ek moet beken dat, aangesien my man oorlede is, hulle die tatoeëermerk in die vorm van sy hartklop kan aanbring, dus kan ek moontlik die res van my lewe sy hartklop op my liggaam ronddra,” het sy gesê.

Céline se keuse is nogal ongewoon, as ’n mens in gedagte hou sy glo lyfkuns is geneig om sy glans te verloor soos die jare aanstap.

“Wat tatoeëermerke betref, het ek so baie mense gesien wat dit in hul jong dae kry en dan verander die naam wanneer hulle ouer raak,” het sy voortgegaan.

Lees ook: Céline Dion verklap laaste woorde aan haar man oomblikke voor hy sterf

“Jy weet, dit was eers ‘Louise’ en nou is dit iets soos ‘Louis’. En jy gaan grondwaarts. Dis swaartekrag, maat. Dit neig grondwaarts.”

Toe sy by die “dit of dat”-gedeelte van haar onderhoud met Vogue kom, het Céline voor ’n paar moeilike keuses te staan gekom. Sy het gesê sy verkies haar medesanger en -Kanadees, Justin Bieber, bo Justin Trudeau, die eerste minister van die land. Sy het dit darem met ’n sydelingse “jammer” in die rigting van die kamera gedoen, ingeval die politikus dalk kyk.

Die ster het nog ’n strikvraag teëgekom toe sy moes kies tussen Montreal, waar sy en René in 1994 getroud is, en Las Vegas, waar sy die resident-kunstenaar by Caesars Palace is.

“Ek hou niks van daardie vraag nie,” het sy half-gesing. “Ek is lief vir Montreal en as kunstenaar is ek lief vir Las Vegas, om voor my bewonderaars op te tree, maar as ek moet kies, sal ek sê Montreal.”

© Cover Media