René Angélil (73), wat al 20 jaar met die sangeres getroud is, het in Desember 2013 ’n operasie ondergaan nadat ’n kankeragtige gewas in sy keel ontdek is.
'Hy wil hê ek moet sterk wees, en ons pak dit saam aan.'

Celine het toe besluit om haar verblyf in Las Vegas uit te stel sodat sy haar man kan versorg terwyl hy sy stryd teen keelkanker voortsit.

Sy het onthul dit gaan “regtig goed” met René en het aan Entertainment Tonight gesê: “Ons weet wat hy moet doen, die behandelings – ek het geweet hy is merkwaardig. Hy is ’n ware vegter.”

Die Kanadese ster (47) het groot sukses behaal terwyl sy in Las Vegas gebly en opgetree het, maar sê dit was maklik om die datums van haar optredes uit te stel.

“Dit is nie moeilik om tyd af te neem nie,” het sy gesê. “Dit is natuurlik nie moeilik om by hom te wees nie. Dit is nie moeilik om by die kinders en die familie te wees nie. Al wat moeilik is, is die feit dat die lewe dinge op jou afdwing.”

Celine moet op 27 Augustus terugkeer na die verhoog by Caesars Palace in Las Vegas, en glo sy sal dit doen met René, wat tot in Junie verlede jaar haar bestuurder was voor hy weens gesondheidsredes moes ophou, aan haar sy. “René is sterk,” het sy gesê. "Ons skep die vertoning saam en bring saam veranderings aan.

"Hy wil hê ek moet teruggaan. Hy wil hê ek moet sterk wees, en ons pak dit saam aan.”

René het reeds een keer tevore die siekte geklop, en oor die jare moes hy ook hartprobleme te bowe kom.

© Cover Media