DIE seremonie was ’n volle uur en 15 minute lank en die babas se beroemde ouers was bekommerd dat hulle kriewelrig sou raak. Hulle was ook seker die seuns gaan luidkeels beswaar maak wanneer die priester water op hul kop sprinkel.

‘‘Maar hulle het glad nie gehuil nie,’’ vertel hul trotse pa, René Angelil, agterna. ‘‘Hulle was wonderlik – hulle het na alles gekyk, alles haarfyn beskou.’’

Die groot dag was die doopdag in Las Vegas van Eddy en Nelson, die vier maande oue tweeling van die superstersanger Celine Dion en haar man, René. Die stad is deesdae die gesin se tweede tuiste sedert Celine se eerste konsertreeks hier in 2003 afgeskop het – en nie einde gekry het voor 2007 nie.

Nou het die tweede konsertreeks pas begin, en die organiseerders het klaar drie jaar daarvoor opsygesit.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 7 April 2011