Die superster-sangeres het konserte tot en met 22 Maart 2015 gekanselleer, insluitend ’n toer van Asië en haar gereelde vertonings by The Colosseum by Caesars Palace in Las Vegas, het organiseerders Woensdag gesê.
'Ek wil al my krag en energie wy aan my man se herstel.'

“Ek wil al my krag en energie wy aan my man se herstel, en om dit te doen, is dit belangrik dat ek hierdie tyd een hom en ons kinders wy,” het sy in ’n verklaring gesê. “Ek wil ook aan al my aanhangers verskoning vra vir die ongerief. Ek wil hulle ook innig bedank vir hul liefde en ondersteuning.”

Daar is in Desember ’n kankergewas by Celine se man, René Angélil, verwyder en sy het gesê dit was moeilik om die siekte te hanteer en steeds te moet optree.

Konsertorganiseerders het gesê die Kanadese sangeres het nog nie herstel van ’n siekte wat haar keelspiere ontsteek het nie; dit het haar gedwing om van 29 Julie optredes Las Vegas te kanselleer.

Aanhangers wat kaartjies vir toekomstige vertonings gekoop het, kan vergoed word.

Die Grammy-wenner het in 2003 in Las Vegas begin optree en haar vertonings by die Colosseum is dikwels uitverkoop. Sy het drie kinders, René Charles (13) en die driejarige tweeling Nelson en Eddy.

- Sapa