Die sangeres van My Heart Will Go On is al 20 jaar met René Angelli getroud. Haar man is ook haar bestuurder. Die 46-jarige sangeres moes egter haar loopbaan op die ys plaas sodat sy hom kan versorg. Hy ly aan keelkanker. In ’n onlangse onderhoud het Celine gesukkel om haar emosies te beheer toe sy vertel wat hulle deurmaak. “Hy kan nie eet nie; daarom voer ek hom,” het sy aan ABC News vertel terwyl sy die trane afvee. “Hy word deur ’n buis gevoer. Ek moet hom drie keer per dag voer.”

'Hy kan nie eet nie; daarom voer ek hom...'

René (73) het al een keer tevore die siekte oorwin. Met die jare moes hy ook hartprobleme oorkom en verlede Junie het hy afgetree as sy vrou se bestuurder sodat hy op sy gesondheid kan konsentreer. Sy het, op haar beurt, onbepaald ophou werk om haar geliefde te kan versorg.

Die egpaar het drie seuns en Celine het elke tree van hul pa se stryd teen die kanker met hulle deurgemaak.

“Ons leef van dag tot dag,” het sy bygevoeg. “(Maar) ons kies die lewe.”

Die ster van Think Twice het, met dié besluit in die agterkop, verlede week aangekondig dat sy in Augustus wil terugkeer na die verhoog in Las Vegas as deel van haar voortgesette verblyf by Caesars Palace.

“Dit is vir my erg ontroerend en ek verwag dat die emosies nog baie sterker gaan word soos die datum naderkom,” het sy destyds aan die tydskrif People gesê. “Dit is baie hartroerend. Elke aand ’n nuwe vertoning . . . Ek beloof egter daar sal hoë, vrolike note wees.”

© Cover Media