Foto: Frank Micelotta/Getty Images/Gallo Images

. Hoekom? As jy voorheen gedink het sy ego is groot, dreig dit nou om deur die stratosfeer (of soos hy graag sou sê: hemel) te breek, te oordeel na die titel van sy een nuwe liedjie. Dit heet... is jy reg? I Am a God.

Hier is ’n voorsmakie van die ongelooflike diep en deurdagte lirieke: I just talked to Jesus / And he said, ‘What’s up, Yeezus? (dis ook die naam van sy nuwe album) / And I said, S**t, I’m chilling. / Trying to stack these millions.

Dis nie al nie. Sy nuwe liedjie Black Skinhead sluit godsdienstige draakstekery in, soos: If I don’t get ran out by Catholics / Here come some conservative Baptists / Saying he overreacting.

Dis glad nie verbasend nie dat hy ’n hele paar mense omgekrap het, onder wie die voormalige Full House-ster Candace Cameron Bure (sy het DJ Tanner gespeel), ’n behoudende Christin wat dink die album is “godslasterlik”.

Maar Kanye meen sy kritici kan almal hel toe gaan (by gebrek aan ’n beter bestemming). Terwyl hy onlangs op die goewerneursbal in New York opgetree het, het hy ’n kwartier lank tekere gegaan en onophoudelik die f-woord gebruik terwyl hy uitgevaar het oor hoe min hy hom steur aan mense se mening, of hy miljoene plate verkoop (reg!) en hoe hy net ’n album wil uitreik “waarop julle almal die hele ****** somer lank kan rock. Al waarvoor ek ’n *** omgee is my ****** kliek.”

As dit Kim Kardashian, wat eersdaags die lewe skenk aan hul kind, insluit, wys hy dit op ’n eienaardige manier, want tydens haar swangerskap is hy meer afwesig as teenwoordig.

- Deur Nici de Wet