Ons dink: 4/5

Die twee uur lange DVD is in 2009 in die bekende Rose Bowl in Kalifornië opgeneem toe U2 met hul jongste album, No Line on the Horizon, gaan toer het.

Bono sing 23 van die legendariese rockgroep se treffers vir 97 000 skreeuende aanhangers.

Moet dit nie misloop as jy ’n aanhanger is nie.

Onder die liedjies tel klassieke U2-nommers soos Beautiful Day en Where the Streets Have No Name.