Ons dink: 4/5

Soos gewoonlik het Paul homself heeltemal oortref met sy nuutste CD/DVD.

Nie net sing hy bekende Beatles-treffers soos Hey Jude, Let It Be en Yesterday nie, hy betower ook die gehoor met ’n paar nuwe en minder bekende liedjies soos Drive My Car en Helter Skelter.

Die DVD gee die kyker ’n kans om in die vertoning te deel en bevat beeldmateriaal van al 33 liedjies.