Christelike musiek val nie in almal se smaak nie. Tog sal WOW Worship-aanhangers en selfs nie-aanhangers aangenaam verras wees.

Die keuse van die snitte is uitstekend en die liedjies volg volmaak op mekaar. Met nommers soos Revelation Song, My Saviour My God en die pragtige verwerking van The Wonderful Cross is dié album net reg vir ’n rustige aand tuis of vir ’n jeugbyeenkoms.

Ons dink: 3/5