Ons dink: 3/5

Hierdie hulde­blyk aan die legendariese sanger, kitaarspeler en liedjieskrywer wat in 1959 op 22 jaar in ’n vliegongeluk dood is, is ’n viering van ruk-en-rol se onskuld in die 50’s.

Die kunstenaars wissel van 60’s-ikone soos Paul McCartney en Lou Reed tot hedendaagse stemme soos Cee Lo Green.

’n Volle 19 snitte van luilekker luistergenot.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Hier's 'n voorsmakie: Florence and the Machine se skitterende weergawe van Not Fade Away.