Ons dink: 3/5

Op dié album bring Afrikaanse sangers hulde aan die popgroep Smokie met hul weergawes van al daardie groot danstreffers – van Oh Carol, Living Next Door to Alice tot Mexican Girl.

Ware Smokie-aanhangers sal reeds die oorspronklike weergawes hê.

Tog is dit ’n goeie wegspringplek vir ’n nuwe geslag wat nou eers aan dié musiek blootgestel word en dadelik al die treffers op een album wil hê.