Ons dink: 2/5

Dolly Parton en Kenny Rogers is van die grootste name in countrymusiek; daarom is dit logies dat van ons land se sangers hul liedjies wil opneem.

Maar daar moenie ligtelik met hul musiek omgegaan word nie.

Dit klink asof te min moeite gedoen is om Ons Sing Kenny & Dolly outentiek te laat klink.

Elizma Theron, Ray Dylan en kie doen hul bes, maar die eindproduk val plat.