Ons dink: 3/5

Klink na ’n lekker idee wat Select Musiek hier beet het: Kry gewilde Afrikaanse sangers soos Kurt DarrenRomanzHeinz Winckler, Jakkie Louw en Elizma Theron om al die onvergeetlike disko- en gospeltreffers van Boney M te sing – ja, in Engels.

Nostalgie op sy lekkerste!

Die musiekverwerkings is in die tipiese Boney M-styl, maar nie al die kunstenaars kan die groep se unieke klank ewe goed naboots nie.