Ons dink: 3/5

Die platemaatskappy EMI se reeks CD’s met klassieke musiek en opera is besig om gewild te word onder aanhangers van dié genres en ook by mense wat iets soek wat hulle ná ’n moeilike dag op kantoor kan laat ontspan.

Dié uitreiking is geen uitsondering nie en bied snitte van sangers soos Angela Gheorghiu,Joyce DidonatoAnna NetrebkoYundi,Rolando VillazónSarah BrightmanLuciano Pavarotti en Plácido Domingo.