Ons dink: 3/5

Daar is hoofstroomdans en dan is daar dans net vir klubgangers.

Booom se nuwe versamelalbum bied meer van laasgenoemde: harde, polsende doef-doef-snitte met ’n goeie skeut house-treffers.

Ywerige dansers sal dol wees oor dié dubbel-CD. Die SA dansghoeroe Paul Almeida het dit gemeng en dit bestaan uit 40 liedjies plus ’n DVD van 28 optredes van Armin van Buuren.

Volg Huisgenoot op Twitter.