Ons dink: 4/5

As jy ’n aanhanger van die musiek van die 80’s is, sal jy gaande wees oor hierdie versameling wat onmiddellik die Musica Top 20 gehaal het toe dit onlangs uitgereik is.

Die twee skywe met 20 liedjies elk is die volmaakte album wanneer jy hierdie feestyd die lang pad vat.

Spits jou ore vir Alphaville se Sounds Like a Melody, Erasure se I Love to Hate You, OMD se Enola Gay en King se Love and Pride. Dis funky!