Ons dink: 3/5

Radio Sonder Grense se gewilde musiekprogram U Eie Keuse is al 65 jaar op die lug, en van die legendariese snitte waarna luisteraars oor en oor wil luister, is nou saam op ’n dubbel-CD byeengebring.

Dis meestal klassieke musiek en opera met ’n bietjie ligte musiek daarby.

Liedjies soos Die Lappop deur Doris Brasch en La Montanara/Lied van die Berge van die Kirchbichl-mannekoor sal vele goeie herinneringe laat opwel.