Die naam sê dit klaar. En hoe kan jy dan nou nie ’n musikale ontploffing verwag wanneer Nicholis Louw, Ray Dylan, Elizma Theron en Monique kragte saamsnoer op een album nie?

Ja, 4werke is vuurwarm. Die album begin met ’n kolskoot en raak net beter hoe verder jy luister. Die melodieë is stewig en die lirieke sal jou bybly. Daar is ook iets van alles: lekker dansnommers, mooi ballades, selfs country!

Kyk Diep in My Oë is loshande die treffer wat jy oor en oor sal wil luister. En jy kan uitsien na nog ’n gunsteling, Tim McGraw en Faith Hill se It’s Your Love. Die viertal laat reg geskied aan dié leenliedjie.

Kry die album sommer dadelik!

http://www.youtube.com/watch?v=y3AEqp6ujPQ