Die DVD bied iets vir almal: van Laurika Rauch se My Ou Tante Koba tot Snotkop en Monique se Ek Val vir Jou.

Maar nie al die liedjies is treffers soos die titel beloof nie, soos Tanya van Graan se Kom Terug na My Toe en Lienke se London.

Gelukkig vergoed musiekvideo’s soos Steve Hofmeyr se My ­Diefie My Duifie en Mathys Roets se Partykeer dubbel en dwars daarvoor.

’n Lekker verjaardagpresent vir ’n goeie pel.

Volg Huisgenoot op Twitter.