Ons dink: 4/5

Valentynsdag is nou wel al verby, maar jy hoef nie tot 14 Februarie volgende jaar te wag om weer romanties te raak nie.

Met alles van goue oues tot hedendaagse liefdesliedjies met volop klassieke snitte tussenin sal hierdie sesskyfversameling jou beslis in die regte stemming bring.

Dit bevat voortreflike nommers van Savage GardenTina TurnerBoy GeorgeKylie MinogueDean Martin en Louis Armstrong.