Druk Van Coke Kartel se vierde album, Wie’s Bang, in die speler en wees gereed vir nuwe liedjies wat soos masjiengeweervuur op jou neerreën.

En dis nie sommerso nie; dié liedjies sal jou met nuwe oë na die alledaagse laat kyk.

Luister fyn na die snitte Wie’s Bang, Moenie Dink Nie en Einde van die Wêreld.

Die lirieke is treffend en vindingryk, en Jason Oosthuizen looi die tromme. Dis goeie rock dié.

Die album bevat ook sielvoller klanke soos Tot die Son Uitkom. Vir Afrikaanse rock-aanhangers.

Volg Huisgenoot op Twitter.