Ons dink: 3/5

Ná die sukses van sy enkelspeler Say Aah is Trey Songz terug met sy vierde ateljeealbum, ’n mengsel van hip-hop

en R&B.

Hy span kragte saam met Nicki Minaj op Bottoms Up en met die rapper Drake op Unusual.

Die album het as nommer een sy debuut op die Amerikaanse R&B/hip-hop-trefferlyste gemaak en is bestem om nog toptreffers op te lewer.