Ons dink: 4/5

Travis, Blink 182 se voormalige tromslaner, het groot name in die hip-hop- en rapbedryf nader gehark om hom ’n bietjie met hierdie album te kom help.

As jy ’n rockalbum verwag, gaan jy dalk teleurgesteld wees, want dis rock-tromklanke met kletsrymlirieke gepeper.

Maar ek is mal daaroor! Sy tromspel is skitterend, en voeg die talent van hip-hop-legendes by en jou tone krul van lekkerkry.

Volg Huisgenoot op Twitter.