Dis lekker om weer ’n Afrikaanse album van die talentvoll a cappella-groep Navi Redd op die rak te sien.

Hul vierde CD, Beating the Odds, is verlede jaar in Engels uitgereik, maar hul nuwe album heet nie verniet Totaal in Ons Taal nie – daarop is net Afrikaanse liedjies.

Die sesstuks sing onder meer André Swiegers se beeldskone liedjie Blou, Chris Chameleon se Die Onverkrygbare en nuwe nommers uit hul eie pen, soos die lieflike Jy’s ’n Langvraag, die heerlike kuierliedjie Saterdagaand en die  romantiese Verspeelde Kanse en Is Ek Hy?

Die manne met die mooi stemme wys weer hulle het geen musiekinstrumente nodig nie.

TOTAAL IN ONS TAAL, NAVI REDD

Bemarking: Ilza Roggeband

Verspreiding: Select Music Distribution

Ons dink: 3/5