Ons dink: 4/5

Dis nie uniek dat ’n veteraansanger duette sing saam met ander bekende sangers nie. Maar Duets II spog beslis met die meeste A-lys-musikante nog.

Die liedjies wat onder die 17 snitte uitstaan, is The Lady Is a Tramp saam met Lady Gaga en Body and Soul saam met wyle Amy Winehouse; ook The Way You Look Tonight saam met Faith Hill en Don’t Get Around Much Anymore saam met Michael Bublé.