Ons dink: 3/5

Tom Jones is dalk beter bekend vir popliedjies soos Sex Bomb, maar met Praise & Blame slaan hy ’n heel ander rigting in.

Met sy diep sensuele stem neem hy die luisteraar op ’n reis deur ietwat onbekende Christelike nommers, maar hou deurgaans jou aandag.

Spits jou ore vir What Good Am I?, Burning Hell en Nobody’s Fault But Mine.