Ons dink: 3/5

As jy suiwer countrymusiek verwag, is McGrawnie vir jou nie; hy meng al jare stroopsoet country met ’n soort populêre R&B.

Maar McGraw is ’n veteraan met ’n sterk volgelingtal en hierdie dubbelalbum se 24 treffers is ’n goeie samevatting van sy werk.

Die album sal in die smaak val van enigeen wat ’n knippie country by hul popmusiek geniet.