Ná n teleurstellende derde album in 2007, Pictures, vergoed Katie Melua met haar jongste uitreiking ruimskoots daarvoor.

Dis waarskynlik haar beste nog danksy ’n nuwe vervaardiger en ’n moderner weergawe van haar jazz/blues-klank.

Ons is dol oor elke liedjie, veral die eerste enkelspeler The Flood. I’d Like To Kill You, A Happy Place, A Moment of Madness, Plague Of Love en Twisted is ook goed. Wekom terug, Katie!

Ons dink: 5/5/