Ons dink: 3/5 

Sting se aanhangers sal dol wees oor sy 10de ateljee-album, en dis uitgereik om met sy gelyknamige konserttoer saam te val.

Dit bevat geen nuwe nommers nie – hy lewer hervertolkings van 12 van sy liedjies saam met die Royal Philharmonic Concert Orchestra.

Ou gunstelinge soos Roxanne, Englishman in New York en Every Little Thing She Does Is Magic kry ’n nuwe kinkel.