As jy lus is vir ’n sokkiejol, is die versamelalbum Sokkie Is Groot net vir jou.

Hierdie dubbelalbum bevat 40 treffers: Dans alte lekker op Jay se Melanie, Bobby van Jaarsveld se Spieëltjie en Gerhard Steyn se Baby Tjoklits.

Juanita du Plessis en Theuns Jordaan sing saam en vir ’n tikkie nostalgie lewer Bobby ’n Neil Diamond-keurspel.

Luister ook na die leenliedjies soos Roxette se Dangerous.

Volg Huisgenoot op Twitter.